Dinsdag
19 September
Boere Brekfis
9:00 | Die Skeerhok Padstal | R260
Aangebied deur Die Landbou Burger se redakteur, Samantha van den Berg. Sy praat met Richard Krige, adjunkvoorsitter van Graan SA en ’n graanboer by die Boontjieskraal-landgoed buite Caledon.
Gesprekstema: Moderne tegnologie in die Suid-Kaapse landboupraktyk. ’n Plaasontbyt en ’n koppie boeretroos is ingesluit.
Teen wil en dank
20:15 | Heidelberg Stadsaal | R200
Met Antoinette Kellermann
Regie en samestelling: Wessel Pretorius
Verhoogbestuur: Cole Wessels
Die legendariese aktrise deel uittreksels uit van haar hoogtepunte as doyenne van die Suid-Afrikaanse verhoog. ’n Gestroopte viering van teater, teks en die speler. ’n KKNK-produksie.
Ondersteun deur die Johann Brink Trust.
Woensdag
20 September
Boeke Brekfis
NG Kerksaal | 09:00 | R220
Met Marita van der Vyver | Aanbieder: Elsabé Daneel
Marita van der Vyver se splinternuwe boek, Laaste kans, word by Hessequa Harmonie bekendgestel. Botterbroodjies, tee, koffie en sap is ingesluit.
Tango en Tanniene
11:30 | Doornboom Opstal
(Fouriehuis) |R220
Veronica Bell (viool) en Stanislav Angelov (akkordeon)
’n Musiek- en wynparing, met twee meesters van hulle instrumente asook die Pinotage-koning, Beyers Truter, saam op een verhoog. Die uitvoering word aangebied saam met van die beste Pinotage-wyne in die land.
Romantique
18:00 | Heidelberg Stadsaal | R200
Met Gerhard Joubert (klavier), Elna van der Merwe (klavier), Bridget Rennie-Salonen (fluit) en Veronica Bell (viool)
Hierdie konsert fokus op die Romantiese tydperk in musiek, gekenmerk deur dramatiese en emosionele kwaliteite en deur die natuur, literatuur of selfs die bonatuurlike geïnspireer. Chopin se klavierkonsert No.1 in E-mineur word op twee klaviere uitgevoer.
Boesman en Lena
20:15 | Heidelberg Stadsaal Parkeerarea | R110
Met Raynardt Fortuin, Amber Joy Jonas en Moses Realeboha Khati | Regie: Rowmonique Kayser | Teks: Athol Fugard
Boesman en Lena is die verhaal van twee verloopte figure wat swerwend en soekend is na ’n heenkome en hulle herkoms.
Donderdag
21 September
Boeke Brekfis
09:00 | Doornboom Opstal (Fouriehuis) | R220
Met Rudie van Rensburg | Aanbieder: Elsabé Daneel
Rudi van Rensburg – skrywer van die gewilde reeks boeke Hans steek die Rubicon oor, Hans bars die bioborrel, Hans gee Herklaas horings en Hans hou sy lyf Sherlock – is ook ’n dramaturg en misdaadskrywer. Botterbroodjies, tee, koffie en sap is ingesluit.
Hans steek die Rubicon oor
11:30 | Heidelberg Stadsaal | R200
Met Charlie Bouguenon | Regie: Lizz Meiring | Teks: Rudie van Rensburg | Verwerking: Francois Toerien
Hans se vindingryke pogings om uit Huis Madeliefie te ontsnap word deur sy kinders en ’n drakoniese matrone in die wiele gery.
50 Ways to leave your lover
18:00 | Heidelberg Stadsaal | R200
Met die Charl du Plessis Trio | Charl du Plessis (klavier) | Werner Spies (kontrabas) | Peter Auret (tromme)
Hierdie trio kombineer klassieke musiek met invloede van jazz, pop en ander eklektiese style. In hulle nuutste program speel hulle werke van Bach, Grieg se Peer Gynt-suite en nuwe verwerkings van ABBA en Paul Simon se musiek.
Straat-soiree
19:15 | Niekerkstraat (Indien dit reën: NG Kerksaal) | R250
’n Unieke straatpartytjie met ’n langtafel vir 100 mense gedek waar kos uit die kontrei in onopgesmukte styl geniet word.
Musiek: Stanislav Angelov (akkordeon), Veronica Bell (viool), RAN Marimba-orkes. Straatkos en verwelkomingsdrankies ingesluit. Ondersteun deur die Johann Brink Trust.
Vrydag
22 September
Boeke Brekfis
09:00 | Doornboom Opstal (Fouriehuis) | R220
Met Anchien Troskie | Aanbieder: Elsabé Daneel
Troskie stel haar nuwe roman, Die laaste kanariegeel notaboek, by vanjaar se fees bekend. Botterbroodjies, tee, koffie en sap is ingesluit.
VIA Kook & Klassiek
11:30 | NG Kerksaal | R300
Met Herman Lensing en Lynelle Kenned
Hierdie twee TV-persoonlikhede gesels oor kos en kuier in vanjaar se Kook & Klassiek. Tussendeur die kospraatjies en kokery, bekoor die sopraan Lynelle Kenned ook gaste met haar sang. Daar is heerlike ete en drinke ingesluit by hierdie fees vir die sintuie.
Ongebonde
18:00 | Heidelberg Stadsaal | R200
Met Amanda Strydom en Coenraad Rall (klavier)
Die doyenne van die kabaretverhoog verweef musiek met poësie terwyl haar pianis ’n musieklandskap van aangrypende klank skilder.
ATKV Galakonsert
20:00 | NG Kerk | R110
Met Reghardt Kühn (dirigent), die Universiteit Stellenbosch Strykorkes, Winand Grundling (orrel), Elna van der Merwe (klavier), Suzanne Martens (viool), Christelle Gildenhuys (fluit), Anina Wasserman (sopraan), Lynelle Kenned (sopraan), Zanne Stapelberg (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzosopraan), Corneil Muller (bariton) en Niël Rademan (bariton), asook ’n gemeenskapskoor o.l.v. Betsie Ryke
Saterdag
23 September
Boeke Brekfis
09:00 | Doornboom Opstal (Fouriehuis) | R220
Met Wium van Zyl | Aanbieder: Elsabé Daneel
’n Gesprek oor Wium van Zyl se lewe as plattelandse seun van Heidelberg, student, akademikus, reisiger en sy werk as skrywer en literator. Hy het die klassieke roman Animal Farm, van George Orwell, as Diereplaas vertaal. Sy vertaling van Kader Abdolah se beroemde Duisend-en-een Nagte het ook pas verskyn. Botterbroodjies, tee, koffie en sap is ingesluit.
Die reuk van reën
14:00 | Dasjesdrift Waenhuis | R160
Gertjie Besselsen (alternatiewe musikus en komponis), Ilzebet O (voordrag), Niël Rademan (sang en voordrag)
Hierdie debuutproduksie vermeng bekoring en fantasie met gedigte en nuwe toonsettings van onder meer Hennie Aucamp en I.D. du Plessis se werk en nuutgekomponeerde musiek.
Piekniek Klassiek
16:00 | Dasjesdrift Plaaswerf | R180
Met Corneil Muller, Zanne Stapelberg, Minette du Toit-Pearce, Niël Rademan, Gertjie Besselsen, Elna van der Merwe (klavier) en Lucas Heinen (trekklavier)
Bobaas klassieke kunstenaars hou lekker konsert in die opelug buite die plaasteater. Heerlike versnaperinge is kontant te koop. Geen eie alkohol.
Bring asseblief jou eie stoel of piekniekkombers. Ondersteun deur Van Loveren.